GESKIEDENIS

Die Clocolan Landbougenootskap is in 1951 gestig en die eerste skou is gehou. Dit was deur die jare ‘n Landbouskou met sy afdelings van graanproduksie, vee, uitstallings en vermaak. Vanaf 1987 het die Oos-Vrystaatse Veteraan Trekker- en Enjinklub ‘n afdeling geword en deelgeneem aan die jaarlikse skou wat gehou is.

In 1995 het die Munisipaliteit die opsie aan die Landbougenootskap gegee om die perseel te koop. Dit is gedoen en die skougronde is die privaat eiendom van die Landbougenootskap. Vanaf 1998 het die skou sy huidige vorm gekry. Daar word gepoog om die plaaslewe van vanmelewe lewendig te hou en uit te bou.

Tans bied ons die volgende aan:

  • Uitstallings van Veteraan Trekkers, masjinerie en enjins.
  • Klipkoringmeul wat deur ‘n stoomenjin aangedryf word.
  • Koringdorsmasjien deur ‘n stoomenjin aangedryf.
  • Moderne uitstallings van moderne plaasmasjinerie.
  • Eksklusiewe stalletjies .
  • Demonstrasies van vanmelewe se vaardighede.
  • Vee uitstalling van verskeie bees- en skaaprasse.

Die gemeenskap van Clocolan raak egter al kleiner maar met die entoesiasme van die betrokkenes groei die fees steeds en ons verbeter die terrein. Wat betref die persone wat diep spore getrap het in die verlede dink ons aan o.a. aan:

Breda van Reenen
Villiera Viljoen
Jan Viljoen van Van Aardtsdraai
Paul Viljoen
Rina Viljoen
Roelie Jordaan
Frans Pieterse
Hennie Swanepoel en vele meer.

Met elkeen se voortgesette bydraes hoop die komitee om die fees nog vir jare aan te bied en uit te brei.

Hoofborge:

Untitled-3 Massey Farguson Logo
case 500px novr
Logo New_Holland_Agriculture 500px Untitled
Untitledmm